RONELL BEZUIDENHOUT
RONELL BEZUIDENHOUTRONELL BEZUIDENHOUTRONELL BEZUIDENHOUT
RONELL BEZUIDENHOUT
RONELL BEZUIDENHOUTRONELL BEZUIDENHOUTRONELL BEZUIDENHOUT
  • TUIS
  • LEER MY KEN
  • KONTAK
  • STEUN
  • NUWE BOEK
  • More
    • TUIS
    • LEER MY KEN
    • KONTAK
    • STEUN
    • NUWE BOEK
  • TUIS
  • LEER MY KEN
  • KONTAK
  • STEUN
  • NUWE BOEK
#PAASFEES-HOOP  
Ek het al soveel reekse oor hoop geskryf. Dit was ook glad nie my plan om nou daaroor 'n reeks te ontwikkel nie. Behalwe dat ek soms verras word deur die verloop van omstandighede wat my anders laat besluit.   
Komende Woensdag breek 'n nuwe maand aan en soos gewoonlik moet ek nadink oor die volgende tema. Ons is steeds in Paastyd en soos jy weet hou hierdie periode in ons kerklike jaar aan tot op Pinkstersondag. Hierdie jaar is Pinkstersondag op 19 Mei. Daar is dus nog bykans 3 weke oor alvorens ons met 'n pinksterreeks kan begin.  Dus, wat gemaak tot daardie tyd?   
En dit is hier waar die inspirasie  intree (wat tog net die werk van die Gees kan wees).  'n Predikantkollega (wat my daaglikse stukke ook in sy gemeente gebruik) stuur boodskap:  wil jy nie oorweeg om oor hoop te skryf nie? Dalk is dit juis nóú die tyd om weer oor hoop na te dink, want ons leef in so 'n plofbare tyd.   
Teen die einde van die maand hou ons 'n nasionale verkiesing, en hou ons nie almal ons asems daarvoor op!  Soveel dinge kan so maklik verkeerd loop. Nie net hier by ons nie. Wêreldwyd lyk alles plofbaar!  Onlangs het 'n internasionale nuusstasie 'n debat met politici gebeeldsend oor die moontlikheid van 'n dreigende Derde Wêreldoorlog. Dit kan tog nie!   
Dit maak nie saak of ons verlede maand, verlede week, of selfs bloot gister oor hoop nagedink het nie. Ons het dit vandág nodig! Nóú!  En net daar besef ek dat hoop die regte tema is. Hoop is 'n paasfeesonderwerp. Die opstanding is die bron en die rede vir ons hoop. En daarom noem ek dit bloot #PAASFEESHOOP.  
Ek nooi jou uit om van Woensdag 1 Mei tot by Pinkstersondag die paastyd hoopvol te vier. Mag dit ons inspireer om draers van hoop te wees in 'n wêreld wat meer en meer hooploos lyk.  
Hierdie bediening is gratis en is volledig afhanklik van vrywillige donasies.  Sou dit in jou vermoë wees, oorweeg dit asb om my te ondersteun.    STANDARD BANK TAKKODE: 051001 REK NO: 080042805 RM BEZUIDENHOUT  
BANKBESONDERHEDE: 
STANDARD BANK / TAKKODE: 051001
REK NO: 080042805 ./ RM BEZUIDENHOUT.
Paasfeesgroete, Ronell
Hoe doen ons dit? 
Elke meditasie word vergesel met 'n daagliks musiekvideo van musiek uit alle oorde van die wêreld.
As jy nog nie my dagstukke ontvang nie, stuur gerus 'n boodskap na 0832810547 of ronellbezt@gmail.com. Jy kan ook direk registreer deur hier te klik. 
Dui ook aan of jy dit soggens (06:30) of saans (21:00) wil ontvang. 
Saam met hierdie reeks plaas ons ook daagliks op Facebook en Instagram grafika met die dagstuk se gebed wat jy vrylik kan deel. 
Dit is gratis en word uitsluitelik met vrywillige ondersteuning finansier. 
Hoofkunswerk:   Sebastiano Ricci  The Resurrection 1715
Ronell nooi jou uit na "PAASFEESHOOP"
Musiek-agtergrond: “I BELIEVE • HOMETOWN VERSION” deur Phil Wickham
Klik en teken in vir #PAASFEESHOOP-reeks
Klik
Klik en lees meditasies daagliks hier
NUWE BOEK VIR LYDENSTYD: VAN ASHOOP TOT HOOP
Klik en kyk: 
KLIK HIER OM NUWE AL PSALMEND-BOEK TE BESTEL
KLIK
Nog MEER
Potgooie
Beeldstroom-onderhoude
Beeldstroom-onderhoude
 Argiewe van die potgooie (podcasts) van die dagstukkie-meditasies en die gereelde #Veelkleurig-onderhoude word op platforms soos Spotify, iTunes, Amazon, Deezer, Amazon, iTunes en ander vrygestel.      
 Maak jou mottorrit of sommer jou oggendkoffie ‘n bietjie rustiger terwyl jy daarna luister
LEES MEER
Beeldstroom-onderhoude
Beeldstroom-onderhoude
Beeldstroom-onderhoude
Ronell gesels gereed met interessante mense, bekend en minder-bekend, oor verhale van hoop in haar beeldstroomprogram, #Veelkleurig.   Die episodes van #Veelkleurig is gelyktydig op Facebook, YouTube en Instagram beskikbaar. Luister ook daarna op Spotify, Deezer, Amazon, Apple en ander potgooiplatforms. Onthou die episodes bly op al die platforms beskikbaar om later te kyk of te herkyk. 
KYK SAAM
Nuusbriewe
Beeldstroom-onderhoude
You Tube-kanaal
Teken in vir gereelde nuusbriewe met bruikbare inligting, nuus en artikels oor Ronell se internetbediening en ontvang sodoende 'n gereelde boodskap van hoop.
TEKEN IN
You Tube-kanaal
You Tube-kanaal
You Tube-kanaal
Ons You Tube-kanaal is gepak met musiek-video-speellyste, onderhoude, gebede en dagstukkies-video's uit al ons verskillende reekse.  
KLIK EN KYK
Ons Argief
You Tube-kanaal
Ons Argief
Jy kan al ons vorige dagstukkie-meditasie-reekse rustig op jou eie tyd lees en bestudeer.  Klik op die skakel onder.
KLIK EN LEES
Meer Oor
You Tube-kanaal
Ons Argief
Lees meer oor Ronell en haar digitale- bediening. "Só het die Here uit 'n baie hartseer tyd 'n nuwe geloofsdroom by my wakkergemaak en kon ek my teologiese opleiding steeds met passie uitleef."  
Lees MEER
Ons maak staat op jou bydrae om kostes te dek
Baie dankie dat jy ons webwerf en digitale bediening besoek.  
Ons daaglikse boodskappe word elke dag per Whatsapp gestuur. Jy kan ook die boodskappe daagliks op die webwerf volg. Ons deel ook ekstra inligting, video's en selfs musiek op die webwerf,  Facebook, Instagram en op YouTube. 
Ek wil jou vra om 'n bydrae te maak om die koste van die projekte te help dra.  As dit in jou vermoë is om my te ondersteun, ontvang ek dit met dankbaarheid.
Jy kan hier onder op die skakel klik en dan 'n baie veilige betaling deur die platform Payfast maak met enige debiet- of kredietkaart of jy kan 'n betaling direk in my bankrekening doen.
KLIK EN STEUN
KYK NA VAN ONS ONDERHOUDE
#VEELKLEURIG Episode 64: Ronell gesels met Liomee Vosloo
#VEELKLEURIG Episode 57: Ronell gesels met Joshua na die Reën
#VEELKLEURIG Episode 53" Ronell gesels met Nederlandse-groep Sela
#VEELKLEURIG Episode 47: Ronell gesels met Sonja Herholdt
#VEELKLEURIG Episode 46: Ronell gesels met Maretha Maartens
#VEELKLEURIG Episode 45: Ronell gesels met Helene de Kock
#VEELKLEURIG Episode 42: Ronell gesels met Doc Mabila
#VEELKLEURIG Episode 40: Ronell gesels met Deon Meiring
#VEELKLEURIG Episode 39: Ronell gesels met Petrus Grové
#VEELKLEURIG Episode 38: Ronell gesels met Willem Botha
#VEELKLEURIG Episode 37: Ronell gesels met Chris de Wet
#VEELKLEURIG Episode 36: Ronell gesels met Leah
KLIK HIER OM NA NOG MEER VEELKLEURIG-ONDERHOUDE TE KYK
KLIK
Kopiereg © 2024 Ronell Bezuidenhout
Klik vir meer oor beskerming van persoonlike inligting  
Primêre foto's van Pixabay en Unsplash.
"Cookie" kennisgewing
Ons webwerf aktiveer koekies op jou rekenaar, slimfoon of tablet. Jy aanvaar die gebruik van koekies deur ons webwerf. 
AANVAAR